Neatest police station in area:
• Congratulations! I can testify that Langebaan SAPS is on the ball. Even the young constables are super helpful and friendly. Keep up the good work.
– Marisa Ferreira
• Congratulations on your well-deserved recognition; this is fantastic news for the community! – Barbara Brown
• Kim for the win. – Paula Roxana Pienaar
De Drift-winkelsentrum vorder:
• Dis een van die beste dinge wat kan gebeur. Vooruitgang is deel van die lewe, anders gaan ons dorpies ongelukkig oor ‘n paar jaar nie meer bestaan nie. Die nuwe generasies soek vernuwing, en hulle is ons toekoms. Welgedaan, Velddrif.
– Natasha Lötter
• Dis ‘n mooi naam. Gaan great wees en lekker werk vir ‘n paar mense!- Weskus Hoekie,
St Helenabaai
• Kan nie meer wag nie!! Dit gaan gaan ‘n reuse-
verandering bring. – Annette Van Lill
• Clicks sou ook nice gewees het, en ‘n Burger King.
– Adele Janse van Rensburg
Kersvader land in die Weskus:
• Hoekom daar, Kersvader? Ons kinders in Cove en Laingville het dit ook nodig. – Christine Kroneberg
Weskus skud vere reg vir vakansiegangers
• Welkom aan al die “inkommers” wat hul geld bring sodat hierdie kleiner dorpies kapitaal kan kry om werk te skep, infrastruktuur in stand te hou en te verbeter en gevolglik ook kan uitbrei. Julle is só welkom en ek, vir een, waardeer julle.
– Nelda Bester
• Almal is altyd welkom. Net een versoek – hou asb. by die spoed en padreëls. Bestuurders moet mekaar respekteer asb. ‘n Nederige versoek: Kyk groot asb. uit vir die muishonde en skilpaaie in ons pad tussen laaiplek en Dwarskersbos; ons moet die natuur ook respekteer. Kyk uit vir valke en uile se kleintjies – nog jonk. As jy valke bo jou sien sweef, weet net hulle soek insekte op die teer. Valke het tonnelvisie. Verder – geniet elke oomblik; almal het die welverdiende rus nodig. – Mitzi Conradie
• Ek is mal oor die ongelooflike vakansie-atmosfeer wat hier in die Weskus heers! Lekker om mense van oral oor te sien. Almal is vriendelik en rustig, maar jy kry mos maar ‘n ou suuruitjie hier en daar. Weskus Beskus. – Annette Van Lill





