Noluvu Ludidi
Met haar eerste keer op ‘n perd se rug in 2007 het Juandre Strydom (25) geweet dis waar sy behoort.
Dié jong perdryer het vroeg in haar lewe al baie bereik. Sy woon tans in die Paarl, maar het in haar hoërskooljare by André en Elmarie de Clerck van die Equestrian Centre op Nieuwe Rust buite Vredenburg gewoon. Hier het sy die geleent-
heid gehad om haar passie vir perdry uit te leef – ‘n talent wat Elmarie raakgesien het.
Strydom vertel Elmarie het haar die voorreg gegee om Algrande Midnight Sensation by die Senesa-perdeskoukompe- tisie vir skole te ry, waar sy WP verteenwoordig en die nasionale span gehaal het. Hoewel perdry haar passie is, is nog een van haar hoogtepunte dat sy matriek geslaag het. Sy bedank Elmarie, wat nooit met haar opgegee het nie.
Elmarie sê hulle is trots op Juandre, wat ‘n kosbare deel van hul gesin en soos ‘n dogter geword het.
“Om te sien hoe sy haar passie vir perdry met onwrikbare toewyding najaag en nuwe hoogtes met die Suid-Afrikaanse Lipizzaners bereik, vul ons harte met vreugde en bewonde-
ring. Haar talent, grasie en vasberadenheid is werklik inspirerend en ons voel so geseënd om ‘n rol in haar reis te kon speel. Juandre se sukses is ‘n bewys van haar harde werk en gees, en ons kan nie meer vereerd wees om haar aan te moedig terwyl sy skitter nie.”
Strydom is deel van die Suid- Afrikaanse Lipizzaners-span nadat sy in 2020 die FirstRand Youth Development Program by die SA Lipizzaners voltooi het. “Dit is regtig wonderlik om met hierdie spesiale perde te werk.”
Strydom sê sy het geleer wanneer jy ‘n geleentheid kry om jou droom waar te maak, moet jy dit met albei hande aangryp.
“Moet nooit opgee nie!”





