Die alarm van ‘n sakeperseel in Platinumstraat, Saldanha, het tussen Donderdagmiddag en Vrydagoggend (21 en 22 Augustus) afgegaan. Volgens kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het die 54-jarige eienaar ondersoek gaan instel en gevind dat die deure oopgedwing is.
Gereedslap, ‘n televisiestel en ‘n mikrogolfoond is gesteel.
Die Saldanha-polisie het omstreeks 02:30 ‘n verdagte swart Mazda 3 in Saldanhaweg voorgekeer en die gesteelde goedere in die besit van vyf mans gevind. Hulle sal vandeesweek in die Vredenburg-landdroshof verskyn.






