Dié Mandraz-tablette en tik ter waarde van altesaam R37 500 is die naweek naby Ebenhaeser gevind. Foto: SAPD

‘n Vrou wat ‘n sak op pad na Ebenhaeser onder ‘n bos ingedruk het, is in hegtenis geneem nadat sy erken het dwelms wat in die sak was, aan haar behoort.

Die 45-jarige Nontsasa Sikundile is verlede Donderdagmiddag (14 Augustus) omstreeks 13:00 op die Ebenhaeserpad (R363) opgemerk toe sy uit ‘n voertuig geklim, die sak langs ‘n bos neergesit en terug na die voertuig toe gehardloop het.

Sy was by die voertuig toe die polisie daar stilgehou en haar gevra het wat aangaan.

Sikundile het na bewering onmiddellik erken dat daar dwelms in die sak is.

Altesaam 600 Mandrax-tablette met ‘n straatwaarde van R30 000 en 50 g tik met ‘n straatwaarde van R17 500 is in die sak gekry.

Die 31-jarige Siyabonga Sibanda en die 33-jarige Kelvin Mupande het Vrydag 15 Augustus saam met Sikundile in die Ebenhaeser-landdroshof op ‘n aanklag van handel in dwelms verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article