Juffrou Cornelia Erasmus het ná 35 jaar by Langebaan Primêr afgetree.

Ná 35 jaar van onbaatsugtige diens en toewyding by die Langebaan Primêre Skool het Cornelia Erasmus uit die onderwys getree.

Volgens Melbourne Davids, skoolhoof van Langebaan Primêr, was Erasmus nie net ‘n onderwyseres nie, maar ‘n ware staatmaker en ‘n perfeksionis wat altyd gesorg het dat alles op die regte manier gebeur.

“Haar toewyding, harde werk en sterk gees het ‘n blywende indruk op kollegas, ouers en honderde leerders gelaat. Dankie aan haar familie wat haar deur al die jare ondersteun het. Jul rol was onmisbaar.

“Ons sê met groot waardering baie dankie vir alles, Juffrou Erasmus. Geniet hierdie nuwe hoofstuk van rus, vrede en verdienstelike vreugde,” voeg Davids by.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article