Zaidah Abzal, Michael Webster, Kim-Lynn Daniels, Jaime-Lee Miller, Lihle Sifika en Hlumela Nama van die Asez het die uitstalling ondersteun. Foto’s: Murphy Roberts

Die Atlantis Community of Practice (COP) is ‘n multi-sektorale inisiatief wat diverse belanghebbendes verenig – wat ‘n verbintenis tot samewerking, kennisuitruiling, vaardigheids-ontwikkeling en die oplos van gemeenskapsuitdagings deel, sê Michelle Fortuin.

Volgens Fortuin, wat die skou op Woensdag 5 November by die Rebecca van Amsterdamsaal in Proteapark help reël het, was die gesondheidsuitstalling broodnodig en die doel was om te verseker dat alle aspekte van fisieke, sielkundige en sosiale welstand verteenwoordig word en die geleent- heid die volle reeks gesondheids-, welstands- en fiksheidsdienste en ander ondersteuning, wat vir die gemeenskap beskikbaar is, ten toon stel.

Fortuin verduidelik verder die Gesondheids-, welstands- en fiksheids-ekspo het ‘n gedeelde platform vir bewusmaking, toegang en aksie geskep, wat gesondheidswerkers, gemeenskapslede en plaaslike organisasies bymekaar uitbring om ‘n gesonder leefstyl, vroeë voorkoming en holistiese welstand te bevorder.

“Dit is belangrik dat die gemeenskap bestaande hulpbronne en bates tot hul voordeel moet gebruik,” het Fortuin verduidelik. “Ons beoog ook om met sulke projekte en uitstallings individuele sowel as kollektiewe welstand in Atlantis te verbeter, wat hierdie uitstalling ‘n belangrike stap in die versterking van gemeenskapsgesondheid en samehorigheid maak.”

Mario le Fleur, Lulama Mqom, Michelle Andreos en Chrystal Hess van die Wes-Kaapse gesondheidheidsdienste.
Evan Martinus, Mary-Ann Rhodes, Danny Petersen en Michael Webster.
Mario Le Fleur, Lulamo Mgum (Wesfleur Biblioteek) Michelle Andries en Chrystal Hess van Nedbank.
Maggy Faro, Jessica August en Tobias Adams met hul natuurlike gesondheids produkte. Murphy Roberts
Kaylen Conrad Kapt. Lisa Munro en Kaylin van Wyk het ook die uitstalling bygewoon. Murphy Roberts

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article