Atlantis-Rotariërs het Maandag 8 Junie begin om akademiese programme op Radio Atlantis uit te saai.
Volgens die klubpresident, Danny Pietersen, is die doel om die agterstand in te haal. Pietersen sê al die primêre skole van die streek is betrokke en die aktiwiteite word deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement voorsien.
Die twee uur lange program is vir gr. 1- tot 6-leerders en word Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 09:00 aangebied terwyl die program Dinsdae en Donderdae vanaf 10:00 uitgesaai word.
Pietersen moedig ouers en leerders aan om in te skakel en die aktiwiteite by die skool af te haal. Aktiwiteite vir gr. 1 tot 6 is vanaf Vrydag 5 Junie reeds beskikbaar.
Atlantis-Rotariërs bedank graag die Boerevereniging van Philadelphia, wat deur sy borgskap hierdie inisiatief moontlik gemaak het, sowel as die Wes-Kaapse regering vir die verskaffing van die aktiwiteite.





