Die bekende suster Olivia Pharo is onlangs by ‘n emoisenele begrafnisdiens gegroet.

Lauren en Tammy, die dogters van suster Pharo, by die begrafnis van “Atlantis se Florence Nightingale”. Foto’s: Murphy Roberts

Dié “moeder van gesondheidsorg” in Atlantis is in baie kringe as meer as net ‘n verpleegster gesien – ook as ‘n opregte leier, geneser en ‘n moeder vir haar pasiënte.

Die diens op Saterdag 20 September is deur verskeie familielede, raadslede, voormalige kollegas en honderde vriende en pasiënte bygewoon.

Belinda Fortuin, voormalige kollega, raadslid Dean Goliath, raadslid Allister Lightburn, voormalige raadslid Fiona Abrahams, raadslid Anastacia Davids en Donito Botha het ook hul laaste eer betoon.

Die emosionele afskeid van “Atlantis se Florence Nightingale” is voorafgegaan met ‘n private besigtiging by die huis.

Pharo se twee dogters, Lauren en Tammy, het hul ma tydens ‘n emosionele oomblik as ‘n ware leier bestempel wat alles in haar vermoë gedoen het om ander te help en sê dit was ‘n eer om haar “Moeder” te noem.

Die oorskot van Olivia Pharo tydens die begrafnis ná haar skielike afsterwe.
Die oorskot van Olivia Pharo tydens die begrafnis ná haar skielike afsterwe.

Pharo het ná 29 jaar as verpleegster – waarvan sy die meeste van haar loopbaan by die Wesfleur-hospitaal bestee het, is verlede Saterdagoggend (13 September) skielik oorlede.

Pharo het destyds besluit om haar pensioengeld te gebruik om goedkoper gesondheidsorg na die gemeenskap van Atlantis te bring.

Huldeblyke het van oral vir die Florence Nightingale van Atlantis ingestroom.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article