Die Mamre-halfmarathonwenners saam met Lesley Daniels (MAK-voorsitter), Mthandazo Qhina (Implats), Bruce-Lynn Damons (Tymebank), Kyle Bucklow (tydelik) en Kailin Daniels. Foto: David Rossouw

Bruce-Lynne en Zintie wen Darling-halfmarathon

Die Mamre-halfmarathonwenners saam met Lesley Daniels (MAK-voorsitter), Mthandazo Qhina (Implats), Bruce-Lynn Damons (Tymebank), Kyle Bucklow (tydelik) en Kailin Daniels. Foto: David Rossouw

Ná ‘n afwesigheid van ‘n jaar het die Mamre-halfmarathon weer honderde atlete na dié dorp gelok.

Volgens Lesley Daniels, die voorsitter van die Mamre-­atletiekklub, is die marathon die afgelope ses maande fyn beplan.

“Dit was vir ons as reëlingskomitee een van die uitdagendste projekte wat ons in 2026 aangepak het,” het Daniels gesê.

Die byeenkoms moes verlede jaar weens ‘n tekort aan deelnemers en borge uitgestel word, aangesien die aanbieding van ‘n marathon groot finansiële steun verg.

Die klub het egter geglo in- dien meer as 500 atlete registreer, die byeenkoms volhoubaar sal wees.

“In 2024 was daar 345 deelnemers, maar hierdie jaar het ons 811 deelnemers gelok, wat die Mamre-Coca-Cola-halfmara­thon oor 21,1 km ‘n reusesukses gemaak het,” het Daniels gesê.

“En met plaaslike ondernemings en ‘n lang lys vrywilligers, kon die 2026-wedloop as deel van die Coca-Cola-­­liga aangebied word. Van waar ons in 2024 slegs 345 deelnemers gehad het, het vanjaar se wedloop ‘n rekordgetal van 811 deelnemers gelok.

“Danksy die steun van borge soos die departement van kulturele aangeleenthede en sport, die Metro- mediese nooddienste, Die Kaapse verkeersdienste, Mamre Sentrale Sslagtery, die Darling-slagtery, Darling Romery, Mini OK, die Contreberg-­wynplaas, Darling Kelders, Ahlesa Blankets, Mr Bargain, Mr Dean-hardewarewinkel, Atlantis Boekwinkel, Westelike Provinsie-atletiekvereniging, Oakshield-sekuriteit, Mamre Primêre Skool, Reggie Adams en ander departemente van die Stad Kaapstad kon ons die Coca-Cola-liga-21,1-km-halfmara­thon in Mamre aanbied,” het Daniels gesê.

Die klub beplan reeds vir die 2027-wed­loop en hoop om meer as 1 000 atlete te lok.

Behalwe die halfmarathon, was daar ook opwinding in die 5-km-pretloop vir familielede en ander wat nie lang afstand van die marathon wil trotseer nie.

Uitslae van die 21,1-km-halfmarathon:

Mans:

Bruce-Lynn Damons (Tymebank) – 1:09:28

Mthandazo Qhina (Implats) – 1:10:17

Kyle Bucklow (tydelik) – 1:10:22

Vroue:

Zintle Ziniwe (tydelik) – 1:29:29

Rozette van Stander (tydelik) – 1:29:43

Jenny Close (Cape Multisport) – 1:31:30

Die groot bywoning het weer eens die entoesiasme in die dorp bevestig. Dit toon dat die Mamre-halfmarathon, saam met sy sportadministrateurs, die vermoë het om suksesvolle sportbyeenkomste aan te bied – veral met die ondersteuning van ‘n gemeenskap.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article