Sasha-Lee Davids voormalige Idols-wenner en Andrea Anthony het die skare behoorlik op hul voete gehad by die Nite Market.


Die Atlantis Nite Market is vanjaar die tweede keer aangebied en is besig om tot die geleentheid van die jaar te groei, sê raadsheer Cynthia Clayton.

Clayton het Saterdag 7 Desember dié geleentheid by die aanskakeling van die dorp se Kersliggies geopen en sê die fees groei elke jaar.

Volgens raadslid Grant Twigg, burge­meesterkomiteelid vir dié gebied, sal daar nóg ongelukkigheid wees, maar die reëlingskomitee sal verseker dat die fees elke jaar verbeter en sê die subraad het die geld goed aangewend.

Dié fees, waar bekendes soos voormalige Idols-wenner en sanger van Atlantis, Sasha-Lee Davids, Salome en die Rockets opgetree het, is dié jaar beter bygewoon, meen raadslede.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article