Baie sal 2020 seker gou wil vergeet!

Die jaar wat baie goed vir baie begin het, het vinnig ’n ommekeer gehad toe die Covid-19-pademie soos ’n veldbrand wêreldwyd versprei het. Benewens die gesondheidsaspek van Covid-19 het dié pandemie ook ’n invloed op die ekonomie gehad.. Baie inwoners het swaar gekry en baie het hul werk in dié tyd verloor. Dit is ook hartseer dat sommige die geleentheid gebruik het om ander uit te buit terwyl inwoners sukkel om iets op die tafel te sit. Volgens Peter Stoffberg, wat werkers help met die Covid-19-ters-fonds, het hy reeds 11 plaaslike ondernemings by die department van arbeid vir ongerymdhede verkla.

Die rokers het ook gevoel hulle is uitgebuit, want tydens die grendeltyd het ’n los sigaret duurder as ’n liter brandstof gekos. . Op ’n positiewe noot het Atlantis-organisasies na inwoners uitgereik wat niks op die tafel kon sit nie. Atlantis-Rotariërs en sopkombuise in die dorp verdien goue medaljes vir hul werk. Baie fabrieke en inwoners het ook getoon hulle gee om en het ook gehelp om warm etes te voorsien.. Die Atlantis-SEZ vuur op al sy silinders en ten spyte van ’n tweede vlaag Covid-19-infeksies en Atlantis se getalle wat skerp styg, is daar lig aan die einde van die tonnel. Verskeie nuwe werksgeleenthede is verseker en met klein ondernemings wat baat vind by projekte kan Atlantis net van krag tot krag gaan.. Bendegeweld bly steeds ’n probleem en veral moorde op jongmense is kommerwekkend. Die wrede moord op Jordan Moore (16) het inwoners se bloed behoorlik laat kook en nege mans word tans van Moore se moord aangekla. . Ongelukkig is die meeste plaaslike sport ook weens die pandemie tot stilstand gedwing en nie baie het op die sportterrein gebeur nie. Daar was geen toeskouers naweke langs die veld of baan in dié tydperk nie.. Met die tweede vlaag infeksies wat tans die land tref, kan die situasie van vroeër homself dalk weer herhaal.

Met Kersfees op hande sal dit vir miljoene dalk ’n eerste wees as familie en vriende dalk nie die Kersmaal saam kan geniet nie weens inperkings – slegs die tyd sal leer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article