Getroue lesers van WeskusNuus sal oplet dat WeskusNuus se mashoof ’n nuwe baadjie aangetrek het.
Die besluit om die mashoof te verander na WeskusNuus Atlantis spruit grootliks daaruit om verwarring oor die verspreidingsgebied by adverteerders uit te skakel en onderskeid te tref tussen die verspreidingsgebied van Weskus Nuus en sy susterskoerant Weslander. Atlantis dien dus as ’n baken.
Hoewel die mashoof verander, kan lesers verseker wees dat die koerant steeds, soos nou, nuus uit sy huidige verspreidingsgebied van Atlantis, Mamre, Pella, Duynefontein en Melkbosstrand sal dra en die onderskeie gemeenskappe te woord sal staan.




