Die bekende suster Olivia Pharo is onlangs by ‘n emoisenele begrafnisdiens gegroet.

Dié “moeder van gesondheidsorg” in Atlantis is in baie kringe as meer as net ‘n verpleegster gesien – ook as ‘n opregte leier, geneser en ‘n moeder vir haar pasiënte.
Die diens op Saterdag 20 September is deur verskeie familielede, raadslede, voormalige kollegas en honderde vriende en pasiënte bygewoon.

Die emosionele afskeid van “Atlantis se Florence Nightingale” is voorafgegaan met ‘n private besigtiging by die huis.
Pharo se twee dogters, Lauren en Tammy, het hul ma tydens ‘n emosionele oomblik as ‘n ware leier bestempel wat alles in haar vermoë gedoen het om ander te help en sê dit was ‘n eer om haar “Moeder” te noem.

Pharo het ná 29 jaar as verpleegster – waarvan sy die meeste van haar loopbaan by die Wesfleur-hospitaal bestee het, is verlede Saterdagoggend (13 September) skielik oorlede.
Pharo het destyds besluit om haar pensioengeld te gebruik om goedkoper gesondheidsorg na die gemeenskap van Atlantis te bring.
Huldeblyke het van oral vir die Florence Nightingale van Atlantis ingestroom.





You must be logged in to post a comment.