KIMBERLEY – Tydens die afgelope naweek se kragmeting tussen die Hoërskool Diamantveld en die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) in Kimberley het die rugbyspanne van Diamantveld oorheers, terwyl die besoekers van die Vrystaat die oorhand op die hokkieveld gehad het.

Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks
Keanu Mettler van Hoërskool Diamantveld se eerstespan voer ‘n duikslag uit, terwyl Hennie Swanepoel, Wayden-Lee Schwemmer en Deon Koopman ondersteuning bied. FOTO: Louis Botha Fotografie

Dié kragmetings tussen rugby-, netbal- en hokkiespanne was deel van vanjaar se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks en goeie kompetisie en sportmanskap op en van die veld was ‘n kenmerk van die byeenkoms.

Diamantveld se eersterugbyspan het BVHS met 59-20 verslaan. Vir die Diamantvelders was dit ‘n soete oorwinning ná hul naelskraapse nederlaag van 40-41 verlede naweek teen die Hoërskool Trio van Kroonstad.

LEES OOK: Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks | Diamantveld en Trio laat skare juig

Al Diamantveld se rugbyspanne, behalwe die o.14B- en o.14C’s, het as wenners van die veld gestap.

Mieke Müller van Hoërskool Diamantveld se eerste netbalspan. FOTO: Louis Botha Fotografie
Mieke Müller van Hoërskool Diamantveld se eerste netbalspan. FOTO: Louis Botha Fotografie

Op die seunshokkiefront het BVHS se eerstehokkiespan met 3-1 gewen, en die meisies met 8-0. Slegs die o.16A-seunshokkiespan van Diamantveld het gewen (2-0), terwyl die ander Noord-Kapenaars op die nuwe astrohokkiebaan rondgejaag is en met tellings soos 1-6 en 0-9 die aftog moes blaas.

Hoewel BVHS se eerste netbalspan met ‘n telling van 34-20 hul doel bereik het, het Diamantveld se ander netbalspanne uitstekend gevaar om die meeste van die netbalwedstryde te wen.

  • Diamantveld se volgende kragmeting in die Wesgrow-reeks is op 1 Mei teen die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, terwyl BVHS en Trio mekaar op dié dag beetkry.
LJ Buys van Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan. FOTO: Louis Botha Fotografie
LJ Buys van Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan. FOTO: Louis Botha Fotografie
WESgrow logo
dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article