Die jaarlikse poedingprojek van die ATKV Bethlehem Redenaars-tak is op 3 November afgehandel, en altesaam 182 inwoners van die Charlotte Theron-jeugsorgsentrum en die Sonskyn-dienssentrum in Bethlehem het hierby gebaat. “Dit is die eerste jaar dat die Sonskyn-dienssentrum deel van ons projek is, en dit was vir ons ’n voorreg om hulle te kon betrek,” sê Fires van Niekerk, voorsitter van dié tak van die ATKV. Van links is Van Niekerk, Annemie Bosman (bestuurder, Sonskyn-dienssentrum), Annemarie Jacobs en Louise Venter (ATKV).Foto: Verskaf


Vat hande tot voordeel van jonk en oud in Bethlehem

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article