Die Hoërskool Trio in Kroonstad se jeugskouspan het baie goed gevaar tydens die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg se jeugskoukompetisie wat op Vrydag 9 Mei plaasgevind het.
Van links is Jeanette Tloome, Ianica Ferreira en Tegan Berries. Credit: Verskaf

Die Hoërskool Trio in Kroonstad se jeugskouspan het uitstekend gevaar op die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter in Reddersburg se jeugskoukompetisie, waaraan verskeie skole in die streek deelgeneem het.

Op Vrydag 9 Mei het Trio se span teen Hendrik Potgieter, die Laerskool Trio en Hoërskool Zastron sake uitgespook.

By die jeugskoue word leerlinge se kennis, vaardighede en voorbereiding van die diere getoets.

Leerlinge kan vir die volgende klasse inskryf: konyne, wedvlug- en sierduiwe, pluimvee, vleis- en wolskape, vleis, melk- en veselbokke, varke, suiwel- en vleisbeeste, perde, kulinêre kuns, suiwelbereiding, fotografie met ‘n kamera of selfoon en afslaers.

Leerlinge aan die Hoërskool Trio het die volgende uitslae in hul onderskeie klasse behaal:

■ Ianica Ferreira (eerste plek, melkbeeste);

■ Stiaan Naude (eerste plek, vleisskape junior);

■ Kyla Claassen (eerste, vleisskape senior);

■ Adriaan Brak (tweede, vleisbeeste);

■ Collin Brak (tweede, melkbeeste);

■ Andrew van Rooyen (tweede, konyne junior);

■ Jeanette Tloome (derde, melkbeeste); en

■ Christel Khoury (derde, konyne junior).

Leerlinge neem aan verskeie streekskompetisies deel voordat die Vrystaatse jeugskouspan op 25 Julie aangewys sal word. By die geleentheid sal die Laerskool Trio, Hoërskool Trio, Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter, Hoërskool Salomon Senekal van Viljoenskroon en die Hoërskool Zastron deelneem.

Die Vrystaat-span wat by die geleentheid gekies word, sal vanaf 5 tot 8 Oktober aan die nasionale-jeugskoukompetisie wat in Upington plaasvind, deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article