In die nasionale plaasvaardigheidkompetisie wat op die Nampo Alfa-skou by Nampopark by Bothaville aangebied is, het landbouleerders aan die Hoërskool Trio uitstekend gevaar. Van links is Lené Fourie, Jeanette Tloome, PB Marais, Dillan de Preez, Adriaan Brak, Kyla Claassen en Francois Venter. Afwesig: Louinique van Heerden, Wian Pienaar en Stiaan Naudé. Foto: Verskaf

Landbouleerders aan die Hoërskool Trio in Kroonstad het puik gevaar in die nasionale plaasvaardigheidkompetisie wat op die Nampo Alfa-skou op Nampopark by Bothaville gehou is.

Die leerders wat die Vrystaatspan hier verteenwoordig het, het die volgende prestasies behaal:

■ Lené Fourie en Louinique van Heerden het ‘n eerste plek in skaaphantering behaal;

■ Stiaan Naudé en Dillan de Preez het in ram- en ooi-seleksie ‘n eerste plek verwerf;

■ Jeanette Tloome het ‘n eerste plek in die afdeling vir melkbeeste verwerf;

■ Kyla Claassens het die tweede plek in die afdeling vir senior vleisskape behaal;

■ Adriaan Brak ‘n derde plek vir vleisbeeste;

■ Francois Venter was tweede in die trekker-foutopsporingsafdeling; en

■ In die afdeling statiese diere het PB Marais ‘n eerste plek vir sierduiwe ontvang en Wian Pienaar ‘n eerste plek in die pluimvee-klas.

Trio het altesaam vyf eerste plekke, twee tweede plekke en ‘n derde plek in die nasionale kompetisie verwerf.

Die Vrystaatspan was eerste in die nasionale kompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article