Hierdie twee jongmanne van Kroonstad sien vreeslik uit na Kersfees. Die drie-jarige JW Steenkamp – seun van Lynné en Jade Steenkamp, wat in die Steynrus-distrik boer – en sy maatjie Retief Cronjé (18 maande) is hier by die Cronjé-gesin van Kroonstad by die Kersboom afgeneem, waar elk met sy trekker spog. Retief is die seun van Marius en Tyra Cronjé. VrystaatKroon nooi sy lesers en adverteerders steeds om foto’s van hul Kersboom met die koerant te deel. Stuur ’n e-pos na madmedia777@gmail.com, of noem (“tag”) VrystaatKroon Newspaper saam met jou plasing op Facebook om met ’n Kersboom te spog. Foto: Verskaf


Tel die dae tot Kersdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article