Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se tienertoneelgeselskap het deelgeneem aan die Pronk Podium-toneelfees wat in Krugersdorp plaasgevind het en verskeie eerbewyse ontvang.
Op die toneelfees van 18 Julie het Witteberg sy toneelstuk Donkermaanop die planke gebring.
Erkenning is gegee aan die uitstekende prestasie van individue, asook groepe, in verskeie afdelings.
Die geselskap van Witteberg het verskeie silwer-eerbewyse losgeslaan: Ilne Fourie vir teks; Herman Booyens vir die produksie se plakkaat; Dirk Willemse vir beligting en ligontwerp; Chabeli Rathulo vir klankhantering en klankontwerp; Illne Myburgh vir verhoogbestuur; Hylet Ungerer vir kostuums;en Milan de Villiers vir indivduele spel.
Mignon Thomas, Jani de Bruin en Henke Minnaar het vir individuele spel brons ontvang; asook Suné Hills vir stelontwerp en Ronelle en Jené van Heerden vir regie.
Die ensemble bestaan uit Erné van Aswegen, Suné Hills, Jani de Bruin, Milan de Villiers, Simuné de Villiers, Mignon Thomas, en Cara Cilliers.


