Die nuwe voorsitter van die Bethlehem Tafelronde 60, Marco la Grange, is op Vrydagaand 21 Februarie tydens ’n dinee in Bethlehem as voorsitter aangewys. Van links is Stephan Theunissen (inkomende area-voorsitter vir die Vrystaat), Aidan Shields (uitgaande voorsitter van Bethlehem Tafelronde 60), La Grange en Reinhardt Hedder (area-voorsitter vir die Vrystaat)Foto’s: Mioné van Deventer 


Die 31-jarige Marco la Grange is as die Bethlehem Tafelronde 60 se nuwe voorsitter gekies.

Op ’n spoggeleentheid wat op Vrydag 21 Februarie by die Wooden Spoon-restaurant in Bethlehem plaasgevind het, is La Grange as die voorsitter vir die 2025-termyn aangewys.

“Omdat ons meer lede is, wil ons probeer om vir elke lid hierdie jaar ’n projek te gee om meer betrokke te raak by die gemeenskap en omgewing. Ek sal hoofsaaklik op die kleiner projekte fokus, en sien vreeslik uit na ’n opwindende jaar,” sê hy.

La Grange is ’n boorling van Kroonstad, maar woon die afgelope vier jaar in Bethlehem en is nou al drie jaar lank ’n Tafelaar.

Hy neem die leisels by Aidan Shields oor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article