Die Laerskool Jordania in Bethlehem, spog met vier stelle tweelinge wat vanjaar hulle skoolloopbaan by die skool begin het. Van links is voor, Josua en Kaleb Botha (graad R) en Kaylize en Melize Britz (graad 2); agter: Lindie en Anke Broodryk en Lomé en Danika van der Merwe (almal in graad R). Foto:Verskaf
Die Laerskool Jordania in Bethlehem, spog met vier stelle tweelinge. FOTO: Verskaf

Die Laerskool Jordania in Bethlehem se skooljaar het op ‘n hoogtepunt begin. Nie net het die skool 101 gr. 1’s en 95 gr. R-leerders nie, die skool spog ook met vier stelle tweelinge.

Juf. Erika Knobel, ‘n gr. 1-onderwyser aan die skool, is vanjaar bevoorreg. Knobel sal vir Erin Laing ‘n gr. 1 onderrig gee, soos vir sy pa Riaan Laing wat in 1996 sy skoolloopbaan in haar klas begin het.

Zelmi Stemmett is die nuwe gr. 2-onderwyseres en Jordania is opgewonde om haar as deel van hul bekwame span te verwelkom.

“Jordania sien vreeslik uit na 2026 en glo dit gaan vir elke leerder, onderwyser en ouers van die skool ‘n baie besonderse jaar wees,” sê Stefan Bester die skoolhoof.

Bester is sedert 1 Julie 2025 aanstuur van die skool in Bethlehem.

Die Laerskool Jordania in Bethlehem, spog met vier stelle tweelinge. Voor van links, is: Josua en Kaleb Botha (gr. R) en Kaylize en Melize Britz (gr. 2); agter: Lindie en Anke Broodryk en Lomé en Danika van der Merwe (almal in gr. R). FOTO: Verskaf

Die geskiedenis het hom herhaal toe Juf. Erika Knobel ‘n gr. 1-onderwyser aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, vir ‘n pa en nou ook sy seun onderig gee. Riaan Laing was in 1996 as gr. 1 in Knobel se klas en sy seuntjie Eren het vanjaar sy skoolloopbaan by Knobel begin. Van links is Erika Knobel, Eren Laing (gr. 1) en Riaan Laing. FOTO: Verskaf
Zelmi Stemmett is as die nuwe gr. 2-onderwyseres aan die Laerskool Jordania in Bethlehem aangestel. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article