Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein se Axinia Sethbela sê dat gematigde weer die komende week oor groot dele van die Vrystaat voorspel word. Geen reën of sneeu word verwag nie. Gemiddelde temperature vir Bethlehem en omgewing sal wissel tussen 18 °C en 20 °C, met minimum temperature van -2 °C tot 2 °C. In die Noord-Vrystaat sal maksimum temperature van 22 °C tot 24 °C wissel, met ’n minimum van 5 °C en 6 °C. Dié skouspelagtige wolke is verlede week by die Hoërskool Trio in Kroonstad afgeneem. Foto: Tinkie Hattingh


Skep skouspelagtige prentjie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article