Die Ignite and Revive- Christelike fees, wat die naweek by die Kroonstad Selgemeente plaasvind, se doelwit is om ‘n kragtige aanbiddingservaring te bied wat eenheid en hoop vir die gemeenskap sal bring.
Die fees wat duur van Vrydag 29 Augustus tot Sondag sal geestelike verryking vir jonk en oud bied.
Boonop is bywoning gratis vir almal; die enigste vereiste is dat feesgangers hul sitplek op Ignite en Revive se webtuiste bepreek vir die vertonings of sessies wat hulle wil bywoon.
Aanbiddingsessies, inspirerende boodskappe en gesinsvriendelike vermaak is op die naweek se vol program. Dit sluit in motiveringspraatjies wat sterk boodskappe van hoop en eenheid sal oordra, ATKV-produksies van hoogstaande gehalte en vertonings deur bekende sangers soos: Jo Black, Ruan Josh, Ilán van Staden, Activated Band, Throne Room, The Shelter en Marissa Verheij.
Van Vrydagoggend tot Sondagmiddag sal kostalletjies ‘n wye verskeidenheid bied, benewens die eet- en drinkgoed waaraan feesgangers in die teetuin kan smul.
Wat betref vermaak vir die kinders is daar vir die duur van die fees onder meer ‘n pretpark en springkastele, ATKV-poppekasvertonings en aktiwiteite soos boogskiet, verfbalskiet en “bash a car”.
Sou die jongspan oor die naweek verveeld word, kan ouers hulle fees toe neem vir ‘n pret-avontuur.






