Spanne van die Hoërskool Voortrekker het op 16 Maart in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks teen die Hoërskool Fichardtpark te staan gekom. Voortrekker se rugbyspanne het skoonskip gemaak teen dié van Fichardtpark. Foto: Charlene Naude


Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem (BVHS) het uitstekend gevaar in sy Wesgrow-bepaling teen die Hoërskool Fichardtpark (FHP) in Bloemfontein.

Op 16 Maart in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het Voortrekker sy Bloemfonteinse teenstander goed laat sweet toe dié spanne al nege hul rugbywedstryde teen dié van Fichardtpark gewen het.

Die eerste rugbyspanne het sake behoorlik uitgespook. Hoewel Fichardtpark die eerste punte op die telbord aangeteken het, was dit Voortrekker wat in die tweede helfte kort-kort agter die doellyn gekuier het.

Die Bloemfonteiners het enkele oomblikke voor die eindfluitjie die tuisspan se verdediging geklop en hul tweede drie van die dag aangeteken.

Die drie is toe nie verdoel nie en Voortrekker wen die bepaling met 33 – 10.

Voortrekker het ook op die netbalbaan die spel oorheers en 12 van die 14 netbalwedstryde gewen, een verloor en een gelykop gespeel.

Gemengde welslae is in die hokkie-bepalings behaal, met die eerste hokkiespanne wat op toer was.

Die uitslae is soos volg:


  • Rugby

Eerste span: BVHS 33 –FHP 10;

Tweede span: BVHS 41 – FHP 14;

Derde span: BVHS 70 – FHP;

o.16A: BVHS 32 – FHP 17;

o.16B: BVHS 50 – FHP 10;

o.15A: BVHS 36 – FHP 0;

o.15B: BVHS 32 – FHP 22;

o.14A: BVHS 52 – FHP 8; en

o.14B: BVHS 29 – FHP 10.


  • Hokkie: Seuns

Tweede span: BVHS 2 –FHP 1;

o.16A: BVHS 0 – FHP 1; en

o.14A: BVHS 0 – FHP 13.


  • Hokkie: Meisie

Tweede span: BVHS 3 –FHP 0;

o.16A: BVHS 6 – FHP 2;

o.16B: BVHS 17 – FHP 0; en

o.14A: BVHS 4 – FUP 3.


  • Netbal

o.19A: BVHS 42 – FHP 24;

o.19B: BVHS 26 – FHP 0;

o.19C: BVHS 21 – FHP 3;

o.19D: BVHS 20 – FHP 1;

o.17A: BVHS 20 – FHP 11;

o.16A: BVHS 19 – FHP 7;

o.16B: BVHS 38 – FHP 3;

o.15A: BVHS 15 – FHP 7;

o.15B: BVHS 20 – FHP 0;

o.15C: BVHS 28 – FHP 1;

o.15D: BVHS 27 – FHP 7;

o.14A: BVHS 19 – FHP 18;

o.14B: BVHS 4 – FHP 28; en

o.14C: BVHS 10 – FHP 10.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article