Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Trio werp alles in die stryd teen Voortrekker, hokkieseuns skitter

In die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat op Saterdag 6 April plaasgevind het, het die Hoërskool Trio teen die Hoërskool Voortrekker te staan gekom. Voortrekker het op die rugbyveld die oorhand gehad en die eerste span het Trio 38 – 15 geklop. Foto: Verskaf


Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is weer volstoom aan die gang na afloop van die skolevakansie en op Saterdag 6 April het die Hoërskool Trio gasheer gespeel vir die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem. Die besoekers het die tuisspanne laat sweet in hierdie ronde van die kragmeting.

Die meisieshokkiespanne het vroegdag kragte gemeet, en Voortrekker se spanne was ontstuitbaar. Hulle het al hul wedstryde gewen, met net die o.14-span wat gelykop gespeel het. Janie Wessels van Trio se eerste span is as speler van die wedstryd aangewys.

Trio se eerste seunshokkiespan het op die dag geseëvier, en Ivan de Bruyn is as speler van die wedstryd aangewys.

Op die rugbyveld het Voortrekker beslis die oorhand gehad. Voortrekker se eerste span het gereeld agter Trio se doellyn gekuier en die stryd gewen met 38 – 15 op die telbord. Die speler van die wedstryd was Nika Terreblanche van Trio.

Op die netbalbaan was dit ook Voortrekker wat ‘n uitstekende dag beleef het, met agt van sy tien spanne wat gewen het. Dit was veral die eerstespan van Voortrekker wat sy stempel afgedruk het, met ‘n rustydtelling van 23 – 8. Die wedstryd is beklink met 46 – 18.

Uitslae van die sportdag by Trio op 6 April is soos volg:

Rugby

Eerste span:  BVHS 38 – Trio 15

Tweede span: BVHS 28 – Trio 19

Derde span: BVHS 24 – Trio 3

o.16A: BVHS 43 – Trio 7

o.16B: BVHS 29 – Trio 7

o.15A: BVHS 45 – Trio 0

o.15B: Trio 30 – BVHS 7

o.14A: BVHS 48 – Trio 7

o.14B: BVHS 29 – Trio 0

rugby

In die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat op Saterdag 6 April plaasgevind het, het die Hoërskool Trio teen die Hoërskool Voortrekker te staan gekom. Voortrekker het op die rugbyveld die oorhand gehad en die eerste span het Trio 38 – 15 geklop. Foto: Verskaf
Seunshokkie

o.18A: Trio 2 – BVHS 1

o.18B: BVHS 2 – Trio 1

o.16 A: Trio 2 – BVHS 1

o.14A: Trio 7 – BVHS 0

Meisieshokkie

o.18A: BVHS 5 – Trio 0

o.18B: BVHS 13 – Trio  0

o.16A: BVHS 7 – Trio 0

o.14A: BVHS 0 – Trio 0

hokkie

Die Hoërskool Trio se seunshokkiespanne het goed gevaar in kragmetings as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks teen die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem wat op Saterdag 6 April beklink is. Foto: Verskaf
Netbal

Eerste span: BVHS 46 – Trio 18

Tweede span: BVHS  25 – Trio 1

Derde span: BVHS 24 – Trio 2

Vierde span: BVHS 17 – Trio 6

o.17A: Trio 16 – BVHS 15

o.16B: BVHS 39 – Trio 6

o.15B: BVHS 15 – Trio 10

o.15C: BVHS 22 – Trio 6

o.14B: BVHS 16 – Trio 12

o.14C: BVHS 4 – Trio 4

BVHS,Trio,netbal

Op die netbalbaan was dit ook Voortrekker wat ‘n uitstekende sportdag beleef het. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article