Grenadillatert
Grenadillatert

Min dinge proe soos somer soos grenadella en met hierdie maklike resep vir grenadella-yskastert, kan jy die familie en gaste tevrede hou met saamkuiers die vakansie.

Bestanddele:

1 blikkie Ingedampte-melk (oornag in yskas)

1 pakkie suurlemoenjellie

1 koppie kookwater

1 blikkie grenadella-pulp

1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:

Meng die jellie en kookwater tot opgelos en laat effens afkoel. Klits die ingedampte melk tot skuimerig, meng die jellie en grenadella-pulp by. Pak koekies onder in ‘n tertbak om ‘n kors te vorm. Gooi die tertmengsel oor die kors en krummel die oorblywende tennisbeskuitjies oor die tert. Plaas in yskas vir 1 uur voor opdiening.

Bron: Kreatiewe Kos Idees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article