Moenie die geleentheid misloop om jou gees te vernuwe en met ‘n dinamiese gemeenskap van gelowiges te skakel nie, nooi die organiseerders van die Ignite and Revive- Christelike fees.
“Laat ons verenig in geloof. Laat ons as een aanbid.”
Die fees word op die Selgemeente se terrein in Reitzstraat, Kroonstad, aangebied.
“Let’s Unite to Ignite,” is die boodskap aan die breër gemeenskap.
Die feesorganiseerders beklemtoon dat met die geleentheid beoog word om hoop, genesing en eenheid te bring.
Hulle het hul hartlike dank uitgespreek teenoor elke borg wat vanjaar se fees deur bydraes en ondersteuning moontlik gemaak het om só ‘n verskil in die gemeenskap mee te bring.
Besonderhede oor die fees is beskikbaar deur Ignite and Revive op die sosiale media te volg, of deur te gaan na igniteandrevive.co.za.
“Red siele, red ‘n dorp, en saam red ons ‘n land.”




