Novus Media het NovaNews.co.za – ‘n omvattende, nasionale nuusplatform met bydraes van 21 gemeenskaps-koerante, waaronder VrystaatKroon – amptelik bekendgestel.
Dié digitale nuussentrum lewer betroubare, diepgaande joernalistiek in Engels en Afrikaans. Dit alles sonder betaalmure of versteekte koste.
Die nuwe platform bied gebruikers maklike toegang deur enige webblaaier, met die opsie om ‘n ikoon op hul mobiele tuisblad by te voeg vir onmiddellike toegang tot brekende nuus, gemeenskaps-nuusflitse en nasionale en internasionale dekking.
Wat die platform uniek maak, is die hiper-plaaslike inhoud van 21 Novus Media-gemeenskapstitels wat in druk oor die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, en oor die Vrystaat heen, versprei word. VrystaatKroon, BloemNuus, NoordkaapBulletin, Vista, Eikestadnuus, Paarl Post en PE Express is onder meer deel hiervan.
Die afsonderlike webwerf van elke gemeenskapskoerant, soos reeds met vrystaatkroon.co.za, gee ‘n stem aan plaaslike gemeenskappe, terwyl hulle aansienlik groter gehore met uitgebreide nuusdekking betrek.
“NovaNews.co.za is ‘n eenstop-bestemming vir betroubare joernalistiek, wat alles dek van brekende nuus tot hiper-plaaslike gemeenskapstories, asook leefstyl-, skole- en sportnuus. Die platform beklemtoon sy verbintenis tot die lewering van outentieke, betroubare nuus op plaaslike en
nasionale vlak,” sê Esmé Smit, hoofbestuurder van Novus Media.
“Ons bied nuus waarop jy kan staatmaak – nuus wat nie vals is nie, nuus wat saak maak; naby aan die huis en divers, getrou aan ons reënboognasie en kultuur,” sê sy.
Lise Beyers, nasionale digitale nuusredakteur vir Novus Media, sê sy is opgewonde oor die bekendstelling van dié baanbreker-media- platform.
“Die unieke gemeenskapstemme van ons diverse land is vir te lank nie gehoor nie. Daar is soveel stories wat in ons gemeenskappe versteek lê en NovaNews sal hierdie stories ‘n platform gee, tesame met die feit dat hulle ons lesers oor die land heen ingelig hou oor belangrike nasionale en internasionale nuus.
“Hierdie baanbreker- digitale platform bring Novus Media se gemeenskapskoerante bymekaar en skep ‘n ongekende media-ekosisteem wat die outentieke stem van plaaslike gemeenskappe bewaar, terwyl dit nasionale en internasionale nuusdekking naatloos integreer.”
Bekendstellingskompetisies
Novus Media bied twee kompetisies aan vir gebruikers wat hulle op die NovaNews-nuusbrief inteken en NovaNews op Facebook volg. In die Soektog na die ster-kompetisie kan deelnemers een van vyf Pick n Pay-koopbewyse van R4 000 of ‘n luukse verblyf van twee nagte vir twee mense by The Boardwalk Hotel in Gqeberha wen, geldig vir ses maande. Reiskoste is vir die wenner se eie sak.
In die Nou waa is daai star-kompetisie is verskeie sterre in berigte op die novanews.co.za-tuisblad versteek.
As jy ‘n ster vind, klik daarop en ‘n vorm sal verskyn sodat jy jou op die NovaNews-nuusbrief kan inteken. Volg dan NovaNews op Facebook.
Digitale vernuwing
Novus Media se verbintenis tot toeganklike digitale joernalistiek word deur ‘n vernuwende gebruiker-ervaring verteenwoordig. Met vals nuus wat mediageloofwaardigheid uitdaag, beklemtoon novanews.co.za sy toewyding aan feitelike, bevestigde verslaggewing.
Kompetisiebesonderhede is beskikbaar op novanews.co.za en betrokke sosialemediakanale.


