Emme Wessels,van die Bethseals-swemklub is hier in aksie tydens die afgelope naweek se Pelicans-swemgala wat in Bloemfontein plaasgevind het. Foto: Verskaf
Emme Wessels,van die Bethseals-swemklub is hier in aksie tydens die afgelope naweek se Pelicans-swemgala wat in Bloemfontein plaasgevind het. Foto: Verskaf

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het die afgelope naweek aan die Pelicans-swemgala in Bloemfontein deelgeneem en het baie goed persteer. 

Altesaam 20 van die klub se swemmers het in koue en gure weer die gala aangedurf en het goed onder die omstandighede presteer. Bethseals het in die vyfde plek in die vroue-afdeling en in die sesde plek in die mansafdeling geëindig.

Die afgelope naweek het swemmers van die Bethseals-swemklub van Bethlehem aan die Pelicans-swemgala in Bloemfontein deelgeneem en spog met 19 medaljes wat hulle verower het. Foto: Verskaf

Lede het ook vier goue medaljes, vier silwermedaljes en 11 bronsmedaljes by die swemgala verower. Die swemmers word deur Tina Nel afgerig.

“Ek is baie trots op ons swemmers wat buiten die koue en nat weer goed gevaar het. Die gala was goeie voorbereiding vir die Vrystaat-swemkampioenskappe wat in Desember sal plaasvind,” sê Nel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article