Die Bergprag-aftreeoord in Bethlehem het die Engo wisseltrofee vir die beste voedseldienspraktyk vir 2025 in die Engo Bejaardesorg-groep ontvang.
Verlede week tydens die Engo bejaardesorg-groep se jaareindfunksie het Bergprag die toekenning vir die beste voedseldienspraktyk vir 2025 gewen.
Die toekenning is ‘n erkenning van die uitnemende werk wat Bergprag se personeel daagliks verrig om gesonde en smaakvolle maaltye aan hul inwoners te bied.
“Ons wil elke personeellid wat met toewyding en passie ‘n bydra gelewer het tot hierdie besonderse prestasie eer. Julle harde werk en omgee maak Bergprag ‘n plek van warmte en waardigheid. Mag hierdie toekenning julle inspireer om steeds die hoogste standaarde van sorg en diens te handhaaf,” sê Mariaan Briedenhann die bestuurder van Bergprag.
Huis Emily Hobhouse van Koppies het die tweede plek in die kategorie behaal en Huis Ougoud van Welkom was in die algehele derde plek.





