Tydens die Going 4 Gold-atletiekbyeenkom wat die afgelope naweek in Bethlehem plaasgevind het, het atlete van die Laerkool Truida Kestell van Bethlehem in totaal 74 medaljes met hul deelname gewen. Foto: Verskaf

Atlete van die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem het uitstekend gevaar tydens die Going 4 Gold-atletiekbyeenkoms wat die afgelope naweek in Bethlehem plaasgevind het.

Die atlete het 74 medaljes by die byeenkoms verower en spog met 23 goud, 26 silver en 25 bronsmedaljes wat die atlete in hul onderskeie atletieknommers op gewen het.  Truida Kestell het die algehele tweede plek vir laerskole by die byeenkoms behaal.

Die Going 4 Gold-atletiekklub in Bethlehem het op 24 en 25 Oktober die atletiekbyeenkoms by Goble Park in Bethlehem aangebied. Sowat 700 atlete van oor die land heen asook van Namibië, Botswana en Lesotho het aan die onderskeie veld-en baannommers deelgeneem.

Op Vrydag het atlete tussen die ouderdom van 4 tot 13 jaar aan hulle onderskeie atletieknommers deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article