Vier leerlinge aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is vir hul kultuurprestasies deur die Rapportryerbeweging van Bethlehem vereer. Die organisasie streef daarna om Afrikaans te bevorder met gesonde gesinsbande en die jeug as vertrekpunt. Die Rapportryers-eerbewys word jaarliks toegeken aan leerlinge wat Afrikaans op vele vlakke bevorder deur hul deelname aan verskeie aktiwiteite. Zané Wessels (junior meisie), Heiken Venter (junior seun), Jani de Bruin (senior meisie) en TJ Heyns (senior seun) het elk ’n kontantprys en skild van die Rapportyers ontvang. Van links is Danie Eichstadt (Rapportryers), Jani, TJ, Heiken, Zané en Annelie Bredenkamp (kultuurhoof).Foto: Verskaf


Erken vir hul toewyding om taal te handhaaf, ontwikkel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article