Die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) se jaarlikse prysuitdeling vir die 2023-deelnemers het tydens die maandelikse vergadering in Maart plaasgevind. Op Woensdag 20 Maart is die wenners van die 2023 deelnemers aangekondig en 26 van die 28 lede het aan een of meer afdelings deelgeneem. Die prysuitdeling met die tema “die Oscars” was ’n swierige geleentheid waartydens die wenners hul toekennings ontvang het. Charlotte en Hannelie Smalberger van Helpende Hand met hul seniors-in-aksie stimulasie-oefeninge het die betrokkenes tydens die vergadering vermaak. DIe wenners is, van links, Louisa Jonker (Gesina Feldtmann-trofee vir hoogste punte behaal op die jaarlikse konferensie), Estie Oosthuizen (toekennings vir die meeste punte in blommerangskikking, asook die meeste punte vir die jaar), Zandre Wannenburg (trofee vir die beste vordering deur die jaar) en Catrien Koekemoer (takvoorsitter).Foto: Verskaf


Vereer met trofeë vir noemenswaardige prestasies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article