Kroonstad het begin April hewige donderstorms en reënneerslae ervaar. Die reënval in die omgewing is gewoonlik gemiddeld 60 mm vir April. Vanjaar het Len Smith van Kroonstad 241 mm reën in dié maand gemeet, wat 10 mm minder is as die 251 mm wat hy in 2019 gemeet het. Op die plaas Chimoio, Klipplaatdrift, 10 km buite Kroonstad, is in April slegs 4 mm reën gemeet teenoor die meer as 200 mm wat in die dorp gemeet is. Jessica Laubscher Taljaard van Klipplaatdrift sê op die dag dat sy dié indrukwekkende foto geneem het, Sondag 7 April, het haar skoonma, Alita Taljaard, wat in die Jordania-woonbuurt van Kroonstad woon, se tuin oorstroom

Maak tamaaie draaie met plek-plek spore van meer reën

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article