Mafube se dienslewering is lamgelê nadat die balju die week beslag gelê het op die munisipaliteit se volledige voertuigvloot weens ’n uitstaande skuld van sowat R6 miljoen.
Mafube se dienslewering is lamgelê nadat die balju die week beslag gelê het op die munisipaliteit se volledige voertuigvloot weens ’n uitstaande skuld van sowat R6 miljoen.

Balju lê beslag op Mafube munisipaliteit se diensvoertuie weens wanbetaling

Mafube se dienslewering is lamgelê nadat die balju die week beslag gelê het op die munisipaliteit se volledige voertuigvloot weens ’n uitstaande skuld van sowat R6 miljoen.
Mafube se dienslewering is lamgelê nadat die balju die week beslag gelê het op die munisipaliteit se volledige voertuigvloot weens ’n uitstaande skuld van sowat R6 miljoen.

FRANKFORT – Die Mafube plaaslike munisipaliteit se dienslewering het feitlik tot stilstand gekom nadat die balju beslag gelê het op die munisipaliteit se volledige operasionele voertuigvloot weens uitstaande skuld van sowat R6 miljoen aan ’n regsfirma, wat nou inwoners in vier dorpe sonder noodsaaklike munisipale ondersteuning laat.

In ’n dramatiese wending die afgelope week is laaigrawe, watertrokke, diensbakkies en selfs die munisipaliteit se laaste beskikbare Nissan NP200 verwyder.

Die beslaglegging het Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia sonder enige diensvoertuie gelaat, wat die vermoë om noodsaaklike instandhouding en herstelwerk te verrig, lamgelê het. Sonder die noodsaaklike voertuie beteken dit dat die munisipaliteit tans nie op rioolkrisisse, waterlekplekke, gebarste pype en ander noodsituasies kan reageer nie.

Dit laat inwoners met die vooruitsig van verdere diensonderbrekings en toenemende infrastruktuurprobleme. Die VF Plus het die situasie as ’n ernstige bewys van die munisipaliteit se finansiële en administratiewe verval beskryf en bevestig dat daar reeds met die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) geskakel is vir dringende ingryping. 

Volgens Joep Marais, VF Plus-raadslid in die Mafube munisipaliteit, word inwoners toenemend gedwing om self verantwoordelikheid vir hul gemeenskappe te aanvaar omdat die munisipaliteit nie daarin slaag om kernfunksies te verrig nie.

Marais sê die jongste ontwikkeling toon dat die munisipaliteit beheer oor dienslewering verloor het en dat selfs die huidige administrasieproses nie daarin kon slaag om die agteruitgang te stuit nie. Mafube is reeds onder ’n artikel 139-ingryping geplaas in ’n poging om die munisipaliteit se sake te stabiliseer.

“Vir inwoners van die  dorpe is die gevolge onmiddellik tasbaar. Sonder voertuie, toerusting en voldoende operasionele kapasiteit word die lewering van basiese dienste verder geknou,” sê Marais.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article