Die terrein van die Rotariërhuise in Viljoenskroon was oorgroei en moes dringend netjies gemaak word.
Die terrein van die Rotariërhuise in Viljoenskroon was oorgroei en moes dringend netjies gemaak word. FOTO: Verskaf

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het die afgelope maand ingegryp om die gebied rondom die Rotariërhuise, wat behuising aan bejaardes bied, skoon en netjies te maak nadat dit erg oorgroei is.

Hoewel die Moqhaka-munisipaliteit vir die instandhouding van die omgewing verantwoordelik is, is dit AfriForum-lede wat besef het die oorgroeide perseel maak dit feitlik onmoontlik om sigbaarheid te handhaaf. Weens die veiligheids- en gesondheidsrisiko’s wat dit vir die senior inwoners ingehou het, het die tak besluit om op te tree.

Die perseel van die Rotariërhuise in Viljoenskroon nadat AfriForum ingegryp het.
Die perseel van die Rotariërhuise in Viljoenskroon nadat AfriForum ingegryp het om die plante wat die terrein heeltemal oorgroei het, in toom te hou. FOTO: Verskaf

Die opruimingsprojek het behels dat gras gesny, bossies verwyder en die terrein met onkruidgif behandel is om hergroei te beperk. Sowat 450 m² is skoongemaak, terwyl 67 sakke vol vullis, gras en takke van die perseel verwyder is.

Die verbeterde sigbaarheid dra ook by tot veiliger patrollies deur die AfriForum-buurtwag.

Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, sê dit is ‘n wonderlike poging van die tak om na die belange van kwesbare mense om te sien waar hulle dit nie self kan doen nie en waar die munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom.

Attie Barnard, voorsitter van die AfriForum-tak in Viljoenskroon, sê die organisasie is daartoe verbind om die dorp geleidelik skoner en veiliger te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article