Met die vakansie hier is batik-koek ‘n heerlike en maklike bederf vir elkeen met ‘n soettand.

Jy benodig:

  • 200g Milo-poeier;
  • een blikkie kondensmelk;
  • vier eiers;
  • eeb teelepel vanieljegeursel;
  • 150g margarien; en
  • Cream Crackers of Marie-beskuitjies.

Metode:

  • Klits eiers goed.
  • Meng die kondensmelk en Milo-poeier.
  • Meng dit nou in by eiers, smelt die botter en gooi by die mengsel. Kook by medium hitte tot dik.
  • Breek elke beskuitjie in vier stukke.
  • Voer ‘n broodpannetjie met bakpapier uit − die bakpapier moet oor die kante van die pannetjie hang − en spuit met kleefwerende baksproei.
  • Begin deur die gebreekte beskuitjies los op die bodem van die pannetjie te pak.
  • Daar moet oop ruimtes tussen die koekies wees. Gooi ‘n bietjie van die kondensmelkmengsel oor beskuitjies.
  • Herhaal die proses totdat al die bestandele op is. Vou die boonste gedeelte van die bakpapier oor die koek; druk mooi in blok.
  • Plaas in yskas tot gestol. Sny in stukke en bedien.

− Bron: Kreatiewe Kos Idees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article