Vyf fiestryers van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het uitstekend gevaar op CycleLab MTB se nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir skole wat in Piet Retief plaasgevind het.
Op dié geleentheid, wat middel Oktober aangebied is, het fietsryers van oor die land heen mekaar die stryd aangesê. Voortrekker se span het puik gevaar: 29ste as gemengde span, en 48ste uit die 144 skole wat deelgeneem het.
Enrico Kennedy, Deon van Zyl en Chelsea-Lee Williamson het die Vrystaat-span verteenwoordig, terwyl Anru Steyn as individuele fietsryer gery het. Adriano Cruywagen het ook deelgeneem.
Die uitslae is soos volg: Deon van Zyl was 11de in die sub-junior afdeling vir seuns; Chelsea-Lee Williamson was 15de in die o.16-afdeling vir vroue; Enrico Kennedy was 27ste in die afdeling vir junior mans o.18; en Anru Steyn was 35ste in die afdeling vir sub-junior seuns.
Die Vrystaat-span het in die algehele vyfde in by die kampioenskap geëindig.





