Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se landbou-leerders spog met vars groente en vrugte wat hulle plaaslik verbou en aan die gemeenskap sal verkoop.
In 2021 het Witteberg landbou as ‘n vak begin aanbied en sedert 2024 het die skool ‘n volwaardige landbou-afdeling waar landboustudie met vakke soos landboubestuurspraktyk, landboutegnologie en landbouwetenskap aangebied word.
Die skool het ‘n ten volle toegeruste kweektonnel op die skoolterrein. Witteberg-Agri leerders soos die landbouleerders van die skool bekendstaan, plant in die tonnel seisoenale groente en vrugte.
Tans is die leerders besig om spinasie te oes. Die opbrengste word dan aan ondernemings in die dorp verkoop om geld vir die skool in te samel.
Gustav Dreyer die bemarkingshoof van Witteberg sê sedert die ontwikkeling van die landbou-afdeling by die skool het dit groot belangstelling by leerders ontlok.







You must be logged in to post a comment.