Op die geselligheid Maandag 25 Augustus was die borge en direksielede van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks van links Rynhardt Smidt (UV), Henri Wilken (Hoërskool Jim Fouché), Ruan Botha (Skilltracer), Jeannine van Zyl (Novus Media Gemeenskapsnuus), Gys Coetzee (Bethlehem Voortrekker Hoërskool en uitvoerende direkteur van Wesgrow-reeks), Deon van Wyk (sporthoof: Hoërskool Sentraal), Charles Liversage (skoolhoof: Hoërskool Sentraal), Lacea Loader (UV), Dirk Pretorius (Wesgrow), Spoed Johan Smit (SuperSport), Francois de Kock (Hoërskool Diamantveld) en Neil de Klerk (VKB). FOTO: Lientjie Mentz
Op die geselligheid Maandag is borge en direksielede van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks van links Reinhardt Smidt (UV), Henri Wilken (Hoërskool Jim Fouché), Ruan Botha (Skilltracer), Jeannine van Zyl (Novus Media Gemeenskaps- nuus), Gys Coetzee (Bethlehem Voortrekker Hoërskool en uitvoerende direkteur van die Wesgrow-reeks), Deon van Wyk (sporthoof van die Hoërskool Sentraal), Charles Liversage (hoof van die Hoërskool Sentraal), Lacea Loader (UV), Dirk Pretorius (Wesgrow), Spoed Johan Smit (SuperSport), Francois de Kock (Hoërskool Diamantveld) en Neil de Klerk (VKB). Foto: Conrad Bornman

Gesonde, mededingende en opwindende skolesport is die hooffokus van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, waarvan die wenners op Maandag 25 Augustus aangekondig is.

Die reeks spog met merkwaardige massadeelname.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) het vanjaar die trofee gewen vir die beste meisieshokkie in al die wedstryde wat in die reeks beslis is.

Agt hoërskole van oor die Vrystaat en Noord-Kaap heen het vanjaar meegeding. Die seisoen het in Februarie begin, en van die begin af was dit duidelik dat skole goed voorberei was. Daar was wel verrassings, en sommige skole het gewys dat diepte in die reeks die septer sou swaai in elke afdeling.

Danksy die breë blootstelling wat die reeks aan leerlinge bied, en betrokkenheid van getroue borge, was dit ook lekker om twee leerlinge wat hul talente in die reeks geslyp het op die internasionale verhoog te kon sien deelneem. Fano Linde van BVHS en Jacobus Grobbelaar van die Hoërskool Fichardtpark kon as Wesgrow-alumni die o.20-wêreld-rugbybeker lig. Gys Coetzee, hoof van BVHS en voorsitter van die reeks, sê dié prestasie is ‘n bewys dat die sentrale streek van Suid-Afrika vol talent is.

Die Hoërskool Diamantveld se o.19A-rugbyspan het die reeks as onoorwonne afgesluit. Net so het die Hoërskool Jim Fouché die res streepsuiker gegee in die o.19A-seunshokkieafdeling, terwyl die Hoërskool Witteberg in Bethlehem die o.19A-meisiesafdeling gewen het. Die Hoërskool Sentraal het die o.19A-netbalreeks gewen.

Om die algehele wenner in die reeks te bepaal, word prestasie van alle spanne van o.14 tot en met die o.19-spanne in berekening gebring.

Op die prysuitdelingsgeleentheid in Bloemfontein is die wenners vir 2025 in elke afdeling aangewys:

■ rugby: Diamantveld

■ seunshokkie: Jim Fouché

■ meisieshokkie: BVHS

■ hokkie, algeheel: Jim Fouché

■ netbal: Sentraal; en

■ algehele wenner: Sentraal.

“Dit is wonderlik om terug te kyk op ‘n seisoen vol aksie,” sê Coetzee.

Op die geselligheid Maandag 25 Augustus was die borge en direksielede van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks van links Rynhardt Smidt (UV), Henri Wilken (Hoërskool Jim Fouché), Ruan Botha (Skilltracer), Jeannine van Zyl (Novus Media Gemeenskapsnuus), Gys Coetzee (Bethlehem Voortrekker Hoërskool en uitvoerende direkteur van Wesgrow-reeks), Deon van Wyk (sporthoof: Hoërskool Sentraal), Charles Liversage (skoolhoof: Hoërskool Sentraal), Lacea Loader (UV), Dirk Pretorius (Wesgrow), Spoed Johan Smit (SuperSport), Francois de Kock (Hoërskool Diamantveld) en Neil de Klerk (VKB). FOTO: Lientjie Mentz
Op die geselligheid Maandag is borge en direksielede van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks van links Reinhardt Smidt (UV), Henri Wilken (Hoërskool Jim Fouché), Ruan Botha (Skilltracer), Jeannine van Zyl (Novus Media Gemeenskaps-nuus), Gys Coetzee (Bethlehem Voortrekker Hoërskool en uitvoerende direkteur van die Wesgrow-reeks), Deon van Wyk (sporthoof van die Hoërskool Sentraal), Charles Liversage (hoof van die Hoërskool Sentraal), Lacea Loader (UV), Dirk Pretorius (Wesgrow), Spoed Johan Smit (SuperSport), Francois de Kock (Hoërskool Diamantveld) en Neil de Klerk (VKB). Foto: Conrad Bornman

“Sport as aktiwiteit dra ‘n belangrike aspek by tot die volle ontwikkeling van ‘n kind.

“Dié unieke reeks is besig om meer en meer belangstelling te trek, en met die betrokkenheid van VKB as medeborg bestaan daar die moontlikheid dat daar ‘n plattelandse afdeling kan uitkring. Vele skole het reeds navrae gerig.

“Ons sien met opgewondenheid uit na die toekoms.”

dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article