Lede van die Kestell-tak van Vroue-Landbou-unie (VLU) het die ChangeNet SA-organisasie in Bethlehem besoek om hul gemeenskapswerk en werksaamhede waar te neem.
Einde Julie het die lede van die Kestell-tak VLU twee hulpverleningorganisasies in Bethlehem besoek. Onderleiding van Elize Claasen wat vir die VLU-tak se welwillendheid portefeulje verantwoordelik is.
Hulle het New Beginnings in Bethlehem waar die onderrigsentrum en die Outisme-lighuis geleë is besoek, asook die Pakhuis op die hoek van Union en Naudéstraat, om die werksaamhede van die organisasie te besigtig.

By New Beginnings kon hulle van die hokke met hasies, ganse en hoenders, die Meals on Wheels-kombuis, die onderrigsentrums en die woonkwartiere van inwoners tot die kantoorblok besigtig. By die Pakhuis is hulle meegedeel hoe die werksaamhede daar bedryf word om aan behoeftiges se behoeftes kan voorsien.
“Die vroue van die VLU was baie beïndruk met ons organisasie se werksaamhede en het die besoek as baie insiggewende beskou,” sê Justice Scott, stigter van die ChangeNet SA organisasie in Bethlehem.






You must be logged in to post a comment.