Musiekliefhebbers in Kroonstad en omgewing word uitgenooi na ‘n musiekkonsert wat deur twee oud-Kroonstadters aangebied word.

Die gehoor kan uitsien na Bariton Jean du Plessis met Sonja van Zyl op klavier. Altwee het in Kroonstad grootgeword, en dit is ook waar hulle liefde en passie vir musiek ontwikkel het.

Die spesiale konsert word opgedra aan twee musieklegendes in Kroonstad om hulde te bring aan die impak wat hulle op Du Plessis en Van Zyls se musiekloopbane gemaak het.

Die bekende alt en sangonderwyser Olive Antonie is Du Plessis se groot inspirasie en Van Zyl beskou Katie van der Merwe, haar eerste klavieronderwyser as haar rots.

Die program vir die aand sal bestaan uit werke wat hulle onlangs in Frankryk uitgevoer het asook musiek wat hulle by hul Kroonstad-onderwysers geleer het.

Die twee het sopas van uit Frankryk teruggekeer waar hulle drie konserte gelewer het tydens die Fête de la Musique by Chateau de la Creuzette wat in Boussac plaasgevind het.

Kroonstadters kan uitsien na ‘n spesiale musiekkonsert wat deur twee oud-Kroonstadters op 21 Augustus aangebied word. Jean du Plessis en Sonja van Zyl bied die konsert aan. Foto: Verskaf

Die konsert vind op Donderdag 21 Augustus om 18:00 by die NG gemeente Kroonstad-Oos in Panorama, Kroonstad plaas. Toegang is gratis, maar ‘n sagte kollekte vir die kerk, sal waardeer word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article