Lee-Shay Alexander (17), ‘n leerling aan die Goudveld-Hoërskool in Welkom en dogter van Lee-Ann en Alex Alexander, is die Sarie Nuwe Gesig 2025.
Die wenners van Sarie Voorbladgesig 2025 is op Donderdag 28 Augustus op Sarie.com en die tydskrif se sosialemediakanale aangekondig.
Lee-Shay se grasie, selfvertroue en deursettingsvermoë het die beoordelaars bekoor.
“Om die titel te wen het my selfvertroue gebou en my gewys dat harde werk en deursettingsvermoë beloon word. Dit beteken dat ek nie net

mooiheid nie, maar ook karakter en persoonlikheid, kan uitstraal,” sê sy.
Lee-Shay is baie lief vir die modebedryf en wil graag betrokke wees by ‘n platform wat gereeld nuwe neigings en kreatiwiteit uitlig. Sy het in 2023 met modelwerk begin, en vanjaar is sy as die eerste prinses in die Mnr. en Mej. Goutie-kompetisie aangewys.
Sy beskryf haarself as passievol, pligsgetrou en stylvol. Sy beskou die feit dat sy fotogenies is as haar beste eienskap. Sy meen dit is asof die kamera die essensie van wie sy is, vasvang.
Haar toekomsplanne is nog nie vas nie, maar sy wil somatologie studeer en haar toekomsvisier is ook gerig op ‘n loopbaan as lugwaardin.
Sy beskryf haarself as ‘n toegwyde leerling wat altyd probeer om haarself te verbeter.



You must be logged in to post a comment.