Iminé van der Sandt, ‘n vyfjarige van Virginia met ‘n hart van goud het meer as ‘n 100 komberse vir behoeftige mense, wat nie komberse in die winterkoue het nie, ingesamel.

Vyf-jarige se kombersprojek “Imi se Liefde” oorskry alle verwagtinge

Iminé van der Sandt, ‘n vyfjarige van Virginia met ‘n hart van goud het meer as ‘n 100 komberse vir behoeftige mense, wat nie komberse in die winterkoue het nie, ingesamel.

Met groot oë en in ‘n sagte stem vertel Iminé van der Sandt (5) hoekom sy nie wil hê mense moet hierdie winter koud kry nie: “Ek wil hê hulle moet warm wees en lekker slaap”, sê dié kleuter met ‘n eenvoud wat reguit na die hart spreek.

Hierdie medemenslikheid het die vonk geword wat “Imi se Liefde” tot lewe geroep het – ‘n projek wat binne 48 uur die harte van mense oor die wêreld heen geraak het.

Van kleins af het Iminé se ouers, Gaylin en Chané van der Sandt, opgemerk hoe fyn sy op ander se lyding ingestel is.

“Sy raak maklik bekommerd wanneer sy sien iemand is hartseer of kry swaar,” verduidelik hulle.

“Hierdie karaktereienskap van Iminé het heel natuurlik bygedra tot haar besluit om komberse vir kwesbare gesinne, bejaardes en enigiemandwat hulp nodig het, in te samel.

Iminé van der Sandt, 'n vyfjarige van Virginia het 'n hart van goud, en haar medemenslikheid het die vonk geword wat "Imi se Liefde" tot lewe geroep het.
Iminé van der Sandt, ‘n vyfjarige van Virginia het ‘n hart van goud, en haar medemenslikheid het die vonk geword wat “Imi se Liefde” tot lewe geroep het.

Iminé se droom het ‘n spanpoging geword. Haar ouers het gehelp met die organisering en aflewering, terwyl Cafe Beni Playground se eienaar, Delmarie van Biljon, die waarde van die projek raakgesien het. Die koffiehuis dien nou as een van die amptelike afleweringspunte.

Die gemeenskap se reaksie was oorweldigend. Binne drie uur is die projek op sosiale media deur 2 200 mense gesien, terwyl 67 gebruikers dit op hul Facebook-reels gedeel het, 56 het die boodskap versprei, en 625 mense het op die Merriespruit Billboard daarvan gelees.

Skenkings is van wyd en syd in Suid-Afrika ontvang – Kemptonpark, Bethulie, Ellisras, Hennenman en Pretoria.

Die rimpeleffek van Imi se liefdesdaad het verder as landsgrense gestrek. Komberse het selfs uit Amerika en Japan opgedaag.

Die aanvanklike teiken was 100 komberse teen 26 Junie, maar binne 48 uur is 110 komberse ingesamel.

Teen druktyd is meer as 150 komberse ingesamel en die skenkings stroom steeds in.

“Enige nuwe of skoon, bruikbare komberse sal waardeer word,” het haar ouers aangedui.

Iminé van der Sandt en haar ouers, Chané en Gaylin van der Sandt, wat haar gehelp het om haar droom om ander te help vlerke te gee.
Iminé van der Sandt en haar ouers, Chané en Gaylin van der Sandt, wat haar gehelp het om haar droom om ander te help vlerke te gee.

“My mamma en pappa leer my om mooi met mense te wees en om te deel. Jesus wil ook hê ons moet vir ander mense lief wees,” vertel Imi oor waar sy aan die idee gekom het.

Vir haar is die rede eenvoudig en eg: “Dit maak my baie bly. Ek hou daarvan om mense gelukkig te maak.”

Haar boodskap aan ander kinders is: “Hulle kan ook help. Selfs klein kinders kan groot dinge doen.”

En groot dinge doen sy inderdaad. Sy is opgewonde oor hoe haar droom vlerke gekry het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article