Oud-Goudvelder Gerda van Niekerk, ’n oud Goudvelder van Hennenman het Donderdag (06/09)6 September haar LLD-graad(doktorsgraad) in regte aan die Universiteit van Pretoria (UP) ontvang. Haar navorsing het die geskiedenis en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), spesifiek met betrekking tot die finansiëlestabiliteitmandaat van die SARB, ondersoek. Die nuwe wet rakende die finansiële sektor se regulering, wat op 1 April 2018 in werking getree het, is bestudeer. Die wet stel die Twin Peaks-stelsel van finansiële regulering in Suid-Afrika in werking. Die Twin Peaks-stelsel soos wat dit in Australië en Nederland toegepas word, is ondersoek en met Suid-Afrika vergelyk. Van Niekerk is die dogter van Boet en Martie Fourie van Hennenman en het in 1980 aan die Hoërskool Hennenman matrikuleer. Sy was 25 jaar lank ’n eiendoms- en kommersiële prokureur in Centurion en is tans ’n lektor aan die Universiteit van Limpopo.
Verwerf doktorgraad
Madli Grobbelaar
|

Verskaf
Verwerf doktorgraad
Madli Grobbelaar
|

Verskaf
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Suid-Afrika se krisis met bestuurslisensie-agterstand verdiep terwyl verouderde drukker aanhou faal
Suid-Afrika se stelsel vir bestuurslisensies is steeds in ’n krisis gedompel. Die departement van vervoer…
by
Novus Mediaon
-

Miljoene rande se bates wat deur misdaad bekom is aan Lesotho teruggegee
Een huis en twee meenthuise met ’n gesamentlike waarde van R2 miljoen en R5 miljoen…
by
Marti Willon
-

Atleet laat vlag wapper
Op Atletiek Suid-Afrika (ASA) se toekenningsgeleentheid vir 2022 het die Goudveld se Miné de Klerk…
by
Marti Willon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
