Die 15-jarige Ruzé Lombaard, ’n leerder aan die Hoërskool Henties Cilliers, het op Saterdag 8 Augustus haar eerste boek, Maanplante, by Krapkas in Virginia bekendgestel.
Terwyl baie tieners hul vrye tyd op die sosiale media deurbring, verkies die 15-jarige Ruzé Lombaard van Virginia om nuwe wêrelde met woorde te bou.