VIRGINIA – Die 15-jarige Ruzé Lombaard, ’n leerder aan die Hoërskool Henties Cilliers, het op Saterdag 8 Augustus haar eerste boek, Maanplante, by Krapkas in Virginia bekendgestel.
Ruzé het die boek deur Amazon gepubliseer en die eerste 100 eksemplare self laat druk. Die projek was ’n spanpoging tussen Ruzé, haar ma, Christelle, en haar ouma, Theresa Rothman. Hulle het geld vir die drukwerk en publikasie ingesamel deur onder meer bak en hard te werk.
Die jong skrywer het reeds twee verdere boeke voltooi. Beneath the Waves en The Cursed Town sal volgens Ruzé binnekort gepubliseer en gedruk word.
Vir meer inligting oor die boeke, veral Maanplante, skakel Christelle by 082 085 3935.
ALSO READ: Henties smul aan sukses




