NG Kerk Bedelia
NG Kerk Bedelia is 70 jaar oud

NG Kerk Bedelia vier 70 jaar van geloof en gemeenskap


WELKOM – Die NG Kerk Bedelia vier op Sondag 9 Augustus sy 70ste bestaansjaar met ‘n dankdiens om 09:00, waartydens daar teruggekyk sal word op sewe dekades van geloof, diens en gemeenskapsbou.

Volgens ds. Philip McLaren is die mylpaal ‘n geleentheid om dankbaar terug te kyk op die gemeente se geskiedenis en die mense wat oor die jare hul bydrae gelewer het.

“Ons kyk in dankbaarheid terug na sewe dekades waarin die Here Sy trou en genade op besondere wyse bewys het. Sedert die gemeente se stigting het geslagte gelowiges hier ‘n geestelike tuiste gevind en saam gebou aan ‘n geloofsgemeenskap wat die evangelie uitleef en die gemeenskap dien,” sê hy.

Heidi en ds. Philip Mc Laren, gemeenteleraar van die NG Kerk Bedelia
Heidi en ds. Philip Mc Laren, gemeenteleraar van die NG Kerk Bedelia

Die feesviering bied ook die geleentheid om met hoop en verwagting na die toekoms te kyk.

Lidmate, oud-lidmate en almal wat deur die jare deel van die gemeente se verhaal was, word hartlik uitgenooi om die dankdiens by te woon.

“Dit beloof om ‘n betekenisvolle geleentheid van herinnering, dankbaarheid en hernuwing te wees. Ons gee aan God die eer vir hierdie besondere mylpaal en sê dankie vir 70 jaar van Sy onwankelbare trou,” sê McLaren.

LEES OOK: Sterk geloof bied wilskrag

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article