Marius van Wyk van Bothaville, en sy getroue hondekind, Boeta, is gereelde besoekers by die Goldfields Mall in Welkom. FOTO: Marti Will

Boeta verwelkom besoekers só by die mall

Marius van Wyk van Bothaville, en sy getroue hondekind, Boeta, is gereelde besoekers by die Goldfields Mall in Welkom. FOTO: Marti Will

WELKOM – By die ingang na die Goldfields Mall is kliënte vir ‘n hele week aangenaam verras en verwelkom deur die vriendelike Boeta (9) en sy eienaar, Marius van Wyk van Bothaville. Vista het op Donderdag 30 Augustus by Boeta gekuier en sy storie gehoor.

“Pa” Marius sê hy het Boeta as ‘n piepklein hondjie gekry.

“Eers was Boeta my vrou Lilly se ‘baba,’ maar nadat hy op 11 maande ernstige katgriep oorleef het, het hy my skaduwee geword en gaan orals saam met my. Ons is onafskeidbaar,” sê Van Wyk.

Die Van Wyk-egpaar is gereelde besoekers in Welkom en stal gereeld uit by kunsmarkte en vlooimarkte in die kontrei.

Van Wyk se vrou Lilly is “Boeta” se mamma. FOTO: Marti Will

Hulle is ook al die afgelope drie jaar by die winkelsentrum en doen personalisering op hout, leer, metaal, bekers, bottels en geskenkpapier.

Hy sê Boeta gaan orals saam met hom, selfs kerk toe en ook na restaurante, die see, uitstappies en ook inkopietogte na die dorp.

Van Wyk sê hy sien veral uit na Desember wanneer hy en Boeta al ‘n bekende gesig by die sentrum se Kersmark is.

“Dit is seker nou al die afgelope drie jaar wat ons hier saam met ‘n groepie van 14 by die Kersmark staan.”

LEES OOK: Bloemskou jolig met karnaval-kinkel

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article