Dienslewering
Fouché-loodgieters is deur AfriForum aangestel om mangate en rioolpype op die hoek van Kennaughstraat en Dvoraklaan in Riebeeckstad skoon te maak.Foto: AfriForum

AfriForum reik ‘n helpende hand uit

Dienslewering
Fouché-loodgieters is deur AfriForum aangestel om mangate en rioolpype op die hoek van Kennaughstraat en Dvoraklaan in Riebeeckstad skoon te maak.Foto: AfriForum


WELKOM – inwoners wat met swak munisipale dienslewering sukkel, het nou toegang tot ‘n nuwe diensplatform wat deur AfriForum as alternatief vir sekere basiese munisipale dienste bekendgestel is.

Die organisasie het sy AfriForum Dienste-platform in Welkom bekendgestel. Dit bied vullisverwydering, herwinningsdienste en watervoorsiening-

oplossings aan inwoners wat volgens AfriForum toenemend deur die Matjhabeng-munisipaliteit se diensleweringsprobleme geraak word.

Matjhabeng worstel reeds jare lank met uitdagings rondom basiese dienslewering. Die munisipaliteit is sedert 2024 onder grondwetlike ingryping ingevolge artikel 139 van die Grondwet nadat die Vrystaatse Hooggeregshof die provinsiale regering gelas het om in te gryp. Die ingryping sluit ook parlementêre toesig in.

Volgens Christa Ikking, AfriForum se distriks-koördineerder vir die Hoogland, het inwoners nog nie noemenswaardige verbetering in dienslewering ervaar nie.

“Ondanks die munisipaliteit se gepubliseerde weeklikse vullisverwyderingsroosters word inwoners gereeld met hope vullis gekonfronteer wat vir weke lank nie verwyder word nie,” sê sy.

AfriForum moedig inwoners van Welkom en omliggende gebiede aan om by die diensplatform aan te sluit om die uitbreiding van die dienste te ondersteun.

Inwoners kan Ikking by 066 486 7612 kontak of die AfriForum Dienste-webwerf besoek.

LEES OOK: Mangaung stort in duie, maar stadsbestuurder kry volpunte op KPI(Opens in a new browser tab)

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article